g3

ATLETIEK

ORGANISEERDERS - 2021

Mev. C. Schlebusch

Mnr. R. Swartz

 

Atletiek word gedurende die eerste kwartaal beoefen en alle atletiekbyeenkomste vind gedurende die eerste kwartaal plaas. 

Die skool se beleid t.o.v. atletiek, is die van deelname met die hoofsaak die van bekendstelling en genot. 

Massa deelname vind plaas in voorbereiding to ons skool se Inter Huis Atletiek dag – ‘n geleentheid wat nie gemis moet word nie. Ons Huissport asook twee byeenkomste teen ander skole word soms in die aand onder ons spreiligte aangebied.Ons wil ‘n liefde vir atletiek by die kinders kweek.  Ons is van mening, dat waar atlete op hierdie ouderdomsvlak oorontgin word en te veel druk op hulle geplaas word om te presteer, hulle later belangstelling in atletiek verloor.

Afrigting word deur die onderwyseres in die middae behartig.  Leerders word afgerig in Naellope, Hekkies, Langafstande en Gewigstoot.  Verskeie atlete gaan verder om teen ander skole en provinsies mee te ding.

KLEREDRAG:
Die skool voorsien die nodige atletiekklere.

PRYSUITDELING:

Sien inligting in Prysuitdeling bladsy.

 

HUISSPORT 2021

VICTOR- EN VICTRIX LUDORUMS

As gevolg van Covid-19 pandemie is geen Atletiek byeenkomste gehou nie.

PRESIDENTERS BO!!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

OUERATLETIEK en BRAAI

Een van die hoogtepunte op ons sosiale kalender is ons Oueratletiek. Die ouers neem deel aan verskeie items in sekere kategorieë en wys dat hulle talente as kranige atlete nie verlore gegaan het nie.

Ouers ding mee in 'n baie ontspanne manier met goeie sportmangees en maak in die proses nuwe vriende. Baie ouers kan nie hiervoor wag nie. Tot oumas en oupas kom neem deel. Dit is egter nie verpligtend om deel te neem nie, kom spoor net die deelnemers aan en geniet die aand. Die enigste verpligting is om op te daag met u gesin. Bring as u kan 'n tafeltjie, (indien nodig) vleisie, bykosse en iets te drinke. Die skool het 8 braaiers en sal daarin vuur verskaf. As u bang is dit is nie genoeg nie is u welkom om 'n braaiertjie te bring.

Sien u daar!

Daar heers 'n lekker atmosfeer op die veld en die leerders geniet dit om te sien dat hulle ouers deelneem.

Die ouers ontvang dan sertifikate as bewys dat hulle hulle goed van hulle taak gekwyt het.

Daarna ontspan almal saam vir 'n lekker braai onder die groot spreiligte.

Die deelname van die ouers het 'n baie positiewe uitwerking op die leerders se gesindheid teenoor die

skool.

! OUERATLETIEK en BRAAI !

Woensdag, 20 Februarie 2019

Op Woensdag, 20 Februarie het ons jaarlikse ouerbraai en -atletiek plaasgevind.

Baie dankie aan al die ouers wat dit bygewoon het.  Ons is seker almal het die aand baie geniet.

BAIE DANKIE AAN AL ONS POSITIEWE EN TOEGEWYDE OUERS. JULLE IS STERRE!