g3

ENTREPRENEURSDAG

Een maal per jaar word al die Presidenters bederf met die Gr. 7 leerders se Entrepreneursdag. Dit is 'n dag wanneer al die leerders die stalletjies van die Gr. 7's besoek en dan allerhande lekker dinge doen. Hulle hare word met spuitverf gekleur, speletjies word gespeel, allerlei lekkernye word gekoop en nog baie meer.

Die leerders sien geweldig uit na hierdie dag en die Gr. 7's kan nie wag om hulle vaardighede as entrepreneurs uit te toets nie. Weke voor die tyd begin hulle al beplan vir hierdie dag. Daar word ook verwag van die Gr. 7's om die nodige bewyse van beplanning asook die state in te handig ten opsigte van hulle uitgawes en winste.

GENIET DIT!!!

ENTREPRENEURSDAG 2018

Dankie Mnr. Gouws en Gr. 7 leerders. Dit was 'n onvergeetlike dag!