KOM BLAAI DEUR ONS FOTO ALBUM...

Kermis 2016

 
 

 

KERMIS

Op 29 Mei 2015 het President sy eerste jaarlikse kermis gehou. Die dag het begin met 'n optog waartydens elke klas hulle maskers kon opsit en vir die hele skool wys hoe goed hulle lyk. Die tema was hierdie jaar diere. Elke klas het 'n dier gekies waarvolgens die maskers gemaak en die "war cry" uitgewerk was.

Die beoordelaars het 'n moeilike taak gehad om die beste klasse aan te wys. Al die klasse het baie moeite vooraf gedoen en alhoewel daar sekere klasse aangewys is, was almal wenners.

Daarna was daar kaskarwedrenne gehou. Die leerders het blitsvinnig hulle kaskarre gestoot en die wedrenne het gesorg vir baie pret.

Na al daardie opwinding was daar 'n kermis waar die leerders aan verskeie speletjies kon deelneem en lekkernye en kos geniet.

Almal het die dag geweldig baie geniet.