g3
ORGANISEERDER
Mev. C. Kotze

 

KOOR

Laerskool President beskik oor ‘n gemengde koor wat onder leiding van Mev. Corné Kotze baie goed vaar. Die koor bestaan uit leerders van Graad 1 tot Graad 6.

Die kore neem deel aan koorfeeste en aan die einde van die jaar berei hulle ‘n Kerssangdiens voor vir al die ouers en familielede indien hulle dit kan inpas.

Kooroefening is altyd lekker saam met tannie Corné!

Die koorlede werk baie hard en soms het hulle koormaratonne, waartydens hulle die hele naweek net oefen. Daar is darem tyd vir 'n blaaskansie ook tussenin wanneer die leerders lekker smul aan al die lekker kosse wat vir hulle voorberei is.