g3

LANDLOOP

ORGANISEERDER

Mej. B. Williams

 

Landloop word die heel jaar lank beoefen.  Ons glo dat leerders so fiks as moontlik moet wees en dat hy/sy gedurig sal poog om sy/haar eie persoonlike beste te oortref. Ons landloop afrigters konsentreer veral op die leerders se stamina, krag en spoedwerk. Leerders kan ook gebruik maak van die Xtreme Training wat aangebied word by ons skool.

Ons wil graag hê dat elke leerder sy potensiaal sal ontdek en ontwikkel.

 

Ons landlopers vaar baie goed in kompetisies en heelwat van ons leerders het al Provinsiale Kleure daarin ontvang.

KLEREDRAG:  Die skool voorsien die atlete van die nodige landloopklere.

OEFENTYE:  Daar word elke middag vanaf 16:00 geoefen.
Laerskool President neem gereeld aan landloopbyeenkomste deel.

LIGABEPALINGS:

Die liga’s word gewoonlik op ‘n Saterdag gehardloop.