g3
ORGANISEERDER
Mev. C. Brits

 

PUBLIC SPEAKING

Gedurende die jaar word leerders geïdentifiseer deur die betrokke graad se Engelse onderwyser. Uitdunne word gehou en 'n sekere aantal leerders neem dan deel aan die finale rondte in die skoolsaal.

Hierdie is 'n spesiale geleentheid en mag deur die ouers, familie en vriende bygewoon word om die leerders te ondersteun.

Beoordelaars van buite die skool word dan genooi om die leerders te beoordeel. Aan die einde van die fase se toesprake, lewer die hoofbeoordelaar kommentaar op die toesprake.

Baie goeie terugvoer word ontvang en bruikbare en opbouende raad word aan die leerders oorgedra sodat hulle, hulle standaard nog verder kan uitbou.

PUBLIC SPEAKING - 15 Mei 2019

Baie geluk aan ons leerders wat goeie plekke behaal het tydens ons Public Speaking kompetisie wat op 15 Mei plaasgevind het.

Gr. 4: Venique (3de), Shani (2de) en Basie (1ste)

Gr. 5: Liané (1ste), Zaindré (3de) en Caitlyn (2de)

Gr. 6: Danika (2de), Jason (3de) en Jeidi (1ste)

Gr. 7: Jordan (2de), Nicola (1ste) en Daywenn (3de)

 

BAIE GELUK! JULLE TOESPRAKE WAS PUIK!