g3

REDENAARS

ORGANISEERDER
Mev. H. van Heerden

By Laerskool President leer ons ons leerders om van jongs af voor ander te praat en om op hulle voete te dink.

Jaarliks neem talle Gr. 1’s tot Gr. 7’s aan verskeie interne graaduitdunne, interskole- en nasionale redenaarskompetisies deel om hul sprekersvaardighede en selfvertroue deurlopend te ontwikkel.

Deur bogenoemde eienskappe te ontwikkel, kom die leerders se leierseienskappe, vermo├źns en kreatiewe denke na vore.

Ten tye van die interne redenaarskompetisies word plekke beoordeel deur professionele beoordelaars.

Van die leerders wat hier deelneem word vir die ATKV Redenaars ingeskryf vir verdere beoordeling.

Radikale redenaars word jaarliks by Laerskool President aangebied met ons as gasskool vir die geleentheid.

Leerders word ook hier verder beoordeel en kan self aan die Nasionale Kompetisie later die jaar.

By alle geleenthede waaraan die leerders deelneem, ongeag of hulle ‘n plek behaal of nie, word ‘n sertifikaat aan hulle oorhandig.

Redenaarskompetisie - 2021

BAIE GELUK JULLE!