Welkom by Laerskool President
se Gr. R Snippies
REËLS EN REGULASIES:
- Die Snippies se kwartale is dieselfde as die van Laer- en Hoërskole.
- Oueraande moet asseblief bygewoon word.
- VERJAARSDAE: 'n Verjaarsdagkring word gehou vir 'n kleuter wat verjaar. Eetgoed mag skool toe gestuur word, maar verkieslik voor 9:00.
- Alle klere MOET duidelik gemerk word.
- Kleuters trek gemaklike kleure aan. Verkieslik nie stywe denimbroeke, kort minirokkies, nie gladde skoolskoene nie (bv. stewels) asook geen hoë hak skoene nie.
- Somer maande kan kleuters kaalvoete skool toe kom.
- Alle kleuters moet 'n ekstra stel klere in hul tas saam skool toe bring.
- GEEN SPEELGOED mag van die huis af saamgebring word nie. Slegs artikels wat by die week se tema aansluit sal toegelaat word.

- TOILETWARE word aan die begin van die jaar ingedien (sien aangehegde lys)
- Enige ou skoene, uniforms, klere en afval papier kan deur ons gebruik word. Ouers kan dit by die klasonderwysers inhandig.
- Met die verandering van adres of telefoonnommers moet u die kantoor en klasonderwysers dadelik in kennis stel.
- Tasse moet groot genoeg wees vir 'n A4 papier (geen wiele tasse asb.).
- Dogters met lang hare mag dit nie los laat hang nie.
- Lang hare moet vasgemaak en vasgesteek word.
- Gedurende somer maande trek kinders hul Snippie hempies en broekies elke Maandag en Donderdag aan. Vir koeler dae en gedurende wintermaande trek hulle op dieselfde dae Snippie baadjies en langbroek aan.

- BRIEWE BOEKE: Ouers moet op elke brief ontvang parafeer as bewys dat u kennis neem daarvan. Indien 'n brieweboek verlore raak sal u as ouer verantwoordelik wees vir 'n vervangingskoste. Briewe boeke moet die volgende dag weer teruggestuur word skool toe.
- SNOEPIEGELD: Die maats besoek elke Vrydag die snoepie. Die bedrag wat inbetaal word bly die ouers se keuse.
| Ons neem ook deel aan die Huissport. |
|---|
SKOOLURE
1. Graad RR en R: 7:30 - 13:30. Kleuters moet verkieslik tot 13:00 teenwoordig wees en nie voor hierdie tyd gehaal word nie. Ouers kan wel reëlings tref met die betrokke onderwyseres indien 'n kleuter vroeër gehaal word.
2. Hektye: Die hek word om 7:10 oopgesluit. Ouers kan ook via die hek in President Kruger straat inkom. Die Snippies se hek word weer om 13:00 oopgesluit. Ouers wat voor 13:00 die terrein wil betree moet eers by die kantoor aanmeld.
3. Ouers word versoek om nie tussen 8:00 en 12:30 die klaskamers te besoek nie, aangesien die roetine versteur word. U is egter welkom om vanaf 12:30 enige probleem of aangeleentheid met die Hoof of onderwyseres te bespreek. Verwittig die onderwysers indien u kleuter gedurende skoolure gehaal sal word.
4. Kleuters mag onder geen omstandighede alleen na of van die skool gaan nie.
5. Kleuters mag slegs deur ouers of boetie/sussie afgehaal word. Ander familielede of vriende kan slegs kleuters kom haal indien die kantoor of onderwyseres daarvan in kennis gestel is.
AFWESIGHEDE
1. Indien u kleuter tuis gehou word weens 'n siekte of enige ander rede, word u vriendelik versoek om die skool daarvan te verwittig.
2. Kleuters met 'n swaar verkoue of enige ander aansteeklike siekte MOET tuis gehou word totdat hul toestand nie meer aansteeklik is nie.
3. Kleuters met luise/nete word tuis gehou totdat die hare heeltemal skoon is. Alle nete moet verwyder wees. Vir beste resultate behandel gereeld.
KOSBLIKKE:
1. Kleuters bring een kosblik en koeldrank skool toe, vir half dag. Voldag kleuters bring nog 'n kosblik en koeldrank vir die namiddag.
2. GEEN LEKKERS mag ingepak word nie! Slegs southappies bv. soutbeskuitjies, springmielies asook vrugte, jogurt, worsies, pasteie ens..
3. Ouers pak asseblief 'n gesonde, voedsame kosblik.
4. Merk u kleuter se kosblik en koeldrankbottel duidelik met u kind se naam
BENODIGDHEDE VIR GRAAD RR EN GRAAD R
- Kunsmateriaalgelde. Hierdie gelde sluit die kleuter se Snippies hempie, broekie en wintersbaadjie in. Betaal asseblief by die finansiële kantoor in. Hierdie gelde is betaalbaar teen einde Januarie of met u kleuter se inskrywing.
- Die eerste skooldag moet elke kleuter 'n dun twee gaaitjies leêr by die klasonderwyseres inhandig. Skryf u kleuter se naam duidelik bo-op of binne in die leêr.
- Elke kleuter moet die volgende by die klasonderwyseres inhandig:
- 10 rolle Twinsaver toilet papier
- 4 koekies seep
- 4 dosies snesies
- 1 lugverfrisser
Bankbesonderhede van Laerskool President:
ABSA BANK - KLERKSDORP
Tjekrekening
Rekening naam: Laerskool President
Takkode: 334 338
Rekeningnommer: 3030 490095
Verwysingsnommer: U kind se naam, van en graad
Faks bewys van betaling aan: (018) 462 6083
SKOOLGELDE
Verwys asseblief na ons 'Finansies' blad of skakel ons skool vir verdere inligting.
1. Skoolgelde kan as volg betaal word:
- kontant by die finansiële kantoor
- per debietorder
- per internet
2. Skoolgelde is te alle tye VOORUIT BETAALBAAR bv. Januarie vir Februarie ens. Die dag as die skole open MOET die eerste paaiement betaal word, daarna die einde Januarie vir Februarie ens.
3. Skoolgelde is slegs vir elf maande betaalbaar van Januarie tot November.
4. Ouers wat in gebreke bly om skoolgelde te betaal word oorhandig aan 'n prokureur.
5. Skoolgelde wat ten volle vereffen word aan die begin van die jaar sal in aanmerking kom vir 10% afslag.
6. Alle kleuters wat op die skoolregister aangeteken is, se ouers bly verantwoordelik vir die betaling van skoolgelde. Geen korting word toegestaan aan ouers wat met vakansie gaan nie.
7. EEN MAAND SKRIFTELIKE KENNISGEWING moet by die kantoor ingehandig word indien u kleuter die skool gaan verlaat. Ouers wat versuim om hierdie kennisgewing na te kom, sal verantwoordelik gehou word vir een maande se skoolgeld.
Gr. RRR fotos - 2021:




GR. R FOTO'S:
2019 
Op 10 Mei 2019 is ons Gr. R'e se oumas en oupas bederf met heerlike eetgoed en vermaak wat hulle nooit sal vergeet nie.

