-
Ons, as staatsgesubsidieerde skool, bied die normale grade vanaf Graad R tot en met Graad 7. Ons onderwysers en leerders streef na ‘n goeie akademiese standaard. Ons hoogs gekwalifiseerde onderwysers is toegerus om elke leerder te ontwikkel met die nodige kennis, waardes en gesindheid om ‘n produktiewe lid van die gemeenskap te word. Leerders van ons skool presteer ook besonder goed in die verskeie hoërskole van hulle keuse, wat vir ons die bewys is, dat die grondslag reg gelê word.
-
GR. RRR, RR EN PRE-PRIMÊR
Ons doelwit is om ‘n veilige, stimulerende en kind-vriendelik georiënteerde omgewing te skep waar elke kind gemotiveer word om sy volle potensiaal te bereik. -
GRONDSLAGFASE
Ons volg die Nasionale Uitkomsgebasseerde Kurrikulum in graad 1, 2 en 3. Ons behandel 3 leerareas naamlik: Geletterdheid, Getalbegrip en Lewensvaardighede. Sosiale wetenskap, Ekonomiese Bestuur
swetenskap, Kuns en Kultuur en Tegnologie is geïntegreer in hierdie leerareas. -
Akademiese verslae word voorsien aan leerders aan die einde van elke termyn wat sodoende aan die ouers ‘n aanduiding gee van dit wat hulle kind in die klas bemeester het. Ons verwag dat ouers die oueraande sal bywoon waar hulle die geleentheid sal hê om sy/haar kind se vordering met die onderwyser te bespreek.
Aan die einde van elke akademiese jaar word ‘n prysuitdelingsfunksie gehou waartydens goeie akademiese vordering en punte vereer word. Ouers word dan ook uitgenooi na hierdie spog funksie. -
INTERSENFASE
Die intermediêre fase (Graad 4 – 6) het vakke soos: Afrikaans, Engels, Wiskunde, Ekonomiese en Bestuurswetenskap, Natuurwetenskap en Tegnologie, Kuns en Kultuur en Rekenaargeletterdheid.

SENIOR FASE
Die Senior fase offer ook al die bogenoemde vakke.Aan die einde van elke kwartaal word die Top 5-leerders in Gr. 1 - 3 en die Top Tien-leerders in Gr. 4 - 7, aangewys en vereer.
Mediasentrum
Ons skool beskik oor ‘n goed toegeruste mediasentrum wat gedurende pouses tot die leerders se beskikking is. Ons Junior afdeling in die mediasentrum beskik oor ‘n groot aantal Fiksie en Vakliteratuur boeke wat ook uitgeboek word deur die onderwysers in die Grondslagfase.
Naslaanboeke is ook beskikbaar vir take van leerders. Die Senior afdeling beskik ook oor ‘n wye verskeidenheid Fiksie en Vakliteratuur boeke en tydskrifte wat ook tot beskikking is van die onderwysers as hulpmiddels in hulle klaskamers.Spesiale Onderrigklas
Ons het ook 'n Spesiale Onderrigklas vir dié leerlinge wat spesiale hulp nodig het. By Laerskool President probeer ons alles in ons vermoë sodat elke leerder sy volle potensiaal kan bereik. RO is tot elke leerder se beskikking wat ‘n probleem ondervind in die onderrrig situasie en word in groepe of individueel aangebied na gelang van die probleem.
Toere
Plaaslike instansies/besighede en die museum, word gereeld deur die leerlinge van ons skool besoek. Daar word ook jaarliks opvoedkundige toere deur verskillende grade na besienswaardighede onderneem.
Rekenaargeletterdheid en vaardighede word in ons puik toegeruste rekenaarsentrum gebied. Laerskool President beskik oor 'n rekenaarsentrum wat tot voordeel van alle Presidenters strek. Lesse word met behulp van ‘n dataprojektor aangebied.

Opleiding:
- Rekenaar woordeskat
- Rekenaargeletterdheid in: MS Word, Excel en Powerpoint
- Naslaan van inligting (Mieliestronk)
ENTREPRENEURSDAG
Jaarliks bied ons die geleentheid aan die Graad 7 leerders om hulle vernuf en vaardighede as entrepreneurs te ontwikkel. Hulle gebruik inisiatief met die tipe produk wat hulle verskaf of verkoop en die res van die skool se leerders kan gewoonlik nie wag vir hierdie dag nie. Die leerders neem deel aan speletjies, koop lekkernye en geniet die dag vreeslik. Die Graad 7 leerders doen baie moeite met hulle stalletjies en na die tyd moet hulle ‘n verslag inhandig met die nodige inkomste- en uitgawe state.BRUGBOU KOMPETISIE
Jaarliks vind daar 'n Brugbou kompetisie plaas waar leerders van skole in die omgewing probeer om die sterkste brug te bou. Die brug wat die meeste gewig kan dra wen dan.

AKADEMIE

