NASORGSENTRUM
ALGEMENE INLIGTING
Laerskool President se naskoolsentrum is op die perseel van die skool geleë. Dit is 'n sentrum slegs vir leerders van Laerskool President. Die naskoolsentrum is 'n huiswerk- en studiesentrum vir skoolgaande leerders en 'n versorgingskool vir voorskoolse leerders. Die voorskoolse leerders word so ver moontlik apart van die skoolgaande leerders versorg.
DIE NASKOOLSENTRUM PERSONEEL IS:
* Amanda van Rensburg
* Rina Vogel
INSKRYWING
- Daar moet elke jaar van vooraf aansoek gedoen word vir toelating tot die naskoolsentrum van Laerskool President. Geen leerder, wat nie ingeskryf is by die naskoolsentrum, sal tot die sentrum toegelaat word nie.
- Sorg dat die nodige INSKRYWINGSVORM en VRYWARINGSVORM asb. voltooi is.
- Januarie 2021 se paaiement MOET betaal word wanneer die inskrywingsvorm ingehandig word.
- Inskrywingsvorms is slegs by die Finansiële kantoor beskikbaar by Mev. Elize Weyers en kan slegs weer by haar ingehandig word.
GELDE VIR 2021
- Kontak gerus ons Finansiële kantoor vir die nasorggelde vir 2021. Indien u kind se nasorggelde nie betaal word teen einde van elke maand nie, sal hy/sy nie verder toegelaat word tot die nasorgsentrum nie.
- Alle geld is direk betaalbaar aan Laerskool President. Betaling kan by die finansiële kantoor voor 13:45 elke weeksdag gemaak word, of u kan direk by die bank inbetaal deur middel van internetbankdienste.
KANSELLERING VAN NASKOOLSENTRUM BYWONING
Daar moet skriftelik kennis gegee word dat die leerder nie meer die sentrum sal bywoon nie.
GEDRAG
Leerders se gedrag moet te alle tye volgens die reëls van die skool, asook enkele ander reëls van die naskoolsentrum, wees. Swak of onaanvaarbare gedrag, kan tot die skorsing uit die sentrum lei.
HUISWERK
Leerders sal al hul huiswerk doen waarna dit deur die naskoolpersoneel gekontroleer sal word. Die finale kontrole berus egter nog steeds by u as ouer.
TYE EN AFHAAL VAN LEERDERS
13:30 - Naskoolsentrum begin
17:00 - Naskoolsentrum sluit
DUUR VAN NASKOOLSENTRUM
Die sentrum sal slegs oop wees op normale skooldae.
Daar sal dus geen naskoolsorg wees gedurende:
- Naweke
- Openbare vakansiedae
- Skoolvakansiedae
- Die laaste skooldag van elke kwartaal
* Daar is slegs 'n beperkte hoeveelheid plekke beskikbaar per afdeling. Voltooi vroegtydig u inskrywingsvorm om u kind se plek te verseker. Leerders wat op die waglys geplaas word, sal 'n plek kry sodra 'n bestaande nasorg leerder die nasorg kanselleer.
