g3
 

LEERLINGRAAD

Aan die einde van elke jaar word daar 'n nuwe Leerlingraad en Mediaraad aangewys. Die nodige identifisering geskied deur die jaar en opleiding gewoonlik die volgende jaar.

In Januarie van die volgende jaar word 'n datum aangewys wanneer die Leerlingraad se Inhuldigingsfunksie plaasvind. Gedurende hierdie spog funksie word elke leerlingraadslid en mediaraadslid se ouers dan na vore geroep om formeel hulle kind se baadjie vir hom aan te trek en sy balkie aan te steek. Dit is 'n baie emosionele oomblik vir hierdie ouers en hulle voel dan baie trots op hulle kind se prestasie.

HOOFLEIERS - 2022

 

Hoofseun: Tallie Strydom
Hoofdogter: Shani van Zyl
Onderhoofseun: Wiandre Lingenfelder
Onderhoofdogter: Venique Taljaard
'n Kers word aangesteek deur Tallie en Shani wat die begin van hulle termyn simboliseer! Elke Leerlingraad en Mediaraadslid sal hulle baadjie met trots dra in 2022!

 

BAIE GELUK JULLE EN STERKTE MET JULLE TAAK VORENTOE!