SPORT
Mnr. A. Senekal
SPORTHOOF
|
In die groot verskeidenheid sportsoorte waaraan ons kinders deelneem, lewer ons ook elke jaar ons kwota ligawenners op. Van ons sportsterre, word ook gereeld in ons provinsiale spanne opgeneem.
- Ons is met reg trots op ons prestasies en roem op geesdriftige afrigting en deelname, waartydens elkeen net sy beste vir sy skool gee. Wen is belangrik, maar nie ten koste van nie.
- Ons onderneem gereeld toere met ons sportspanne na ons buurprovinsies vir die ondervinding en voorbereiding van ons leerlinge vir die liga.

- Deur doelgerigte beplanning, is voldoende sportfasiliteite ontwikkel waaruit ons leerders groot voordeel trek. Ons sportvelde word gereeld vir Provinsiale krieketwedstryde en Rugbybondedae gebruik.
- Ons beskik oor uitstekende spreiligte en ons sportterrein, word dan ook gereeld deur die verskillende sportsoorte in die aand gebruik.
- Bulletjierugby word hier beoefen met die klem op vaardighede en vaardighede en vaardighede.
AANDREEKSE
- Atletiek- ons huissport en enkele baanbyeenkomste word in die aand gehou.
- Ons bied jaarliks ons eie unieke 0/12 rugby-aandreeks, vir laerskole in die KOSH-area, aan.
- Ons bied ook 'n Krieketaandreeks vir laerskole in die KOSH-area se o/10, o/11 en o/12 spanne aan, 'n unieke geleentheid wat groot byval by die skole en die seuns vind.

