g3

OUERATLETIEK

Een van die hoogtepunte op ons sosiale kalender is ons Oueratletiek. Die ouers neem deel aan verskeie items in sekere kategorieë en wys dat hulle talente as kranige atlete nie verlore gegaan het nie.

Ouers ding mee in 'n baie ontspanne manier met goeie sportmangees en maak in die proses nuwe vriende.

Daar heers 'n lekker atmosfeer op die veld en die leerders geniet dit om te sien dat hulle ouers deelneem.

Die ouers ontvang dan sertifikate as bewys dat hulle hulle goed van hulle taak gekwyt het.

Daarna ontspan almal saam vir 'n lekker braai onder die groot spreiligte.

Die deelname van die ouers het 'n baie positiewe uitwerking op die leerders se gesindheid teenoor die skool.

! OUERATLETIEK en BRAAI !

Woensdag, 20 Februarie 2019

Op Woensdag, 20 Februarie het ons jaarlikse ouerbraai en -atletiek plaasgevind. 

Baie dankie aan al die ouers wat dit bygewoon het.  Ons is seker almal het die aand baie geniet.

 

BAIE DANKIE AAN AL ONS POSITIEWE EN TOEGEWYDE OUERS. JULLE IS STERRE!