SKOOLREËLS
- Verwys asseblief na die Veiligheids Beleid Covid-19 Pandemie 2020 op die D6 Communicator vir verdere inligting.
SKOOLTYE: (Maandae tot Vrydae)
Vanaf 15 Februarie 2021 is die skooltye as volg:
~ Die skool begin om 7:20 en leerders kan reeds vanaf 6:50 aanmeld.
~ Gr. RRR tot Gr. 3 leerders verdaag vanaf Maandag tot Donderdag om 13:00.
~ Gr. 4 tot Gr. 7 leerders verdaag vanaf Maandag tot Donderdag om 13:30.
~ Op Vrydae sal die skool om 13:00 verdaag vir al die leerders.
SKOOLBYWONING:
- Dit is en bly die verantwoordelikheid van elke ouer om toe te sien dat hulle kinders elke dag by die skool is. Die wet vereis dit!
- Indien 'n leerling afwesig is, MOET u 'n briefie skryf en aan die voogonderwyser stuur, waarin u die rede tot afwesigheid verduidelik.
- Probeer asseblief alle mediese- en ander afsprake tot die middag na skoolure beperk - nie in skooltyd nie asb.!
- Leerlinge mag onder geen omstandighede die skoolgronde gedurende skoolure verlaat nie. Toestemming daarvoor, moet skriftelik van die hoof verkry word. Indien u u kind voor die einde van die skooldag moet neem, moet u ook daarvoor by die hoof toestemming verkry en dan die nodige in die uittekenboek voltooi.
